Jannie du Toit se optredes

Vir die reël van optredes of vir navrae, kontak Jopie Koen by 072 460 5568 of epos beide jopie@pierneefteater.co.za en jannie@agterplaas.co.za

Jannie se planne vir 2026

Jannie se debuut op ‘n professionele verhoog was gedurende die April-vakansie van 1971. Ons beplan om sy 55 jaar op die verhoog te vier deur – soos gewoonlik – baie verhoogproduksies aan te bied. Die afgelope jaar – 2025 – was waarskynlik die heel besigste van sy loopbaan.

NB: Inligting oor vanjaar se optredes wat reeds agter die rug is, verskyn heel onderaan hierdie lys.

==============================================


MEI 2026

Woensdag 13 Mei
10:00
Ter viering van die bekende pianis, Rosa Anderson Loots, se 80ste verjaardag sing Jannie en die sopraan Antoinette Olivier by Rooihuiskraal NG Kerk. Die program van poësie en musiek word aangebied onder die titel TWEEKUNS, soos wat Rosa dit al meermale vantevore gedoen het.

Vir meer inligting stuur ‘n Whatsapp aan Rosa by 082-786-2115

Saterdag 16 Mei

17:30

Die Pienk Kerk (Melville)
Bonjour Monsieur Brel
Jannie, Susan Mouton (tjello) en Chanie Jonker (klavier)

Bespreek by: Quicket of stuur ‘n epos aan

Sondag 17 Mei 15:00

Pierneefteater
Jannie en Vriende.

Jannie en sy musiekvriende span saam vir ’n goeie doel: Legacy, Gisela de Villiers, Esté Gross, Fearika Heyns, Chanie Jonker, Annelie du Plessis-Hoberg en Gertjan Holtzhausen.

Hierdie optrede vorm deel van die Gigs for Good-konserte ten bate van die NCPD (National Council of and for Persons with Disabilities). Die inkomste word geoormerk vir die aankoop van rolstoele vir Persone met Gestremdhede in Pretoria.

Toegang: R210 / R180 pensioenarisse

Bespreek by:
info@pierneefteater.co.za of Whatsapp 072 460 5568

Vrydag 29 Mei  17:30 vir 18:00

Koster Gekombineerde Skool (Noordstraat, Koster)

RAMKIETJIE – Jannie du Toit en ensemble.

Met Chanie Jonker (klavier)

Dié produksie het op 18 April 2026 tydens Jannie se Kunstefees in die Kleine by die Centurionteater gedebuteer en is ‘n kniebuiging in die rigting van die FAK Sangbundel wat nou al byna ‘n eeu lank daarvoor sorg dat ons ryk geskakeerde Afrikaanse musiekerfenis behoue bly. In samewerking met die ATKV en danksy steun van die Fynbos-Trust word daar beplan om die produksie oor die volgende aantal maande landswyd aan te bied.

Ons is geëerd om as gaste van die ATKV-JEUGTAK KWINKELEER tydens die afsluiting van die heel éérste KOSTER KULTUURWEEK op te tree. Hoe mooi is dit dat die Jeugtak vernoem is na die manier waarop voëltjies sing:  “kwinkeleer” is ‘n woord wat sowel Boerneef as Philip de Vos in gedigte gebruik het om die manier te beskryf waarop voëltjies sing. Ons hoop dat ons jongmense kan inspireer om in ons eie taal te “kwinkeleer” – om trots met ons taal en musiek om te gaan.

Ons sien uit na die optrede en ook lekker kos en kuier saam met die mense van Koster! 

Hierdie funksie sluit ’n heerlike aandete na afloop van die optrede in.

Vir meer inligting en besprekings kontak gerus vir Phia-ri Olivier by:  073-019-9149

 sophiasholivier@gmail.com

Sondag 31 Mei – NG Kroonstad-Oos

Die eggo van jou oë – ‘n program van begeesterende musiek

Net na die 11:00, erediens

Jannie saam met Chanie Jonker (klavier)

JUNIE 2026

Woensdag 3 Junie

18:00

NGK Pellissier, Bloemfontein

Jannie en Vriende Ten bate van die Jean Webberhuis – ‘n fasiliteit  van die APD Vrystaat (Vereniging vir Persone met Gestremdhede) wat graag hande vat met die publiek om goeie lewenskwaliteit vir die inwoners te verseker.
Met die vriendelike samqerking van Anton Esterhuyse, Ella Kotze, Riaan Naudé, Martinette Spoelstra, Chanie Jonker en Eduplus Seniorkoor
NG Pellissier, Bloemfontein

Ten bate van die NCPD (National Council of and for Persons with Disabilities)

Bespreek by: Tixsa of stuur ‘n epos aan gertjan@ncpd.org.za

Die eerste kort toer van Jannie se vlagskip-produksie vir 2026/2027 – RAMKIETJIE.

Met Chanie Jonker (klavier)

Dié produksie het op 18 April 2026 tydens Jannie se Kunstefees in die Kleine by die Centurionteater gedebuteer en is ‘n kniebuiging vir die FAK Sangbundel wat nou al byna ‘n eeu lank daarvoor sorg dat ons ryk geskakeerde Afrikaanse musiekerfenis behoue bly. In samewerking met die ATKV en danksy steun van die Fynbos-Trust word daar beplan om die produksie oor die volgende aantal maande landswyd aan te bied.

  • Donderdag, 4 Junie

SENEKAL ROLBALSAAL, Bellstraat , 18:00

RAMKIETJIE – Jannie du Toit met Chanie Jonker (klavier)

Sop en broodjies ingesluit

Vir meer inligting en besprekings, kontak Gert Keulder by 082 891 0419

  • Vrydag, 5 Junie

REITZ NG Kerksaal 17:30 vir 18:00

RAMKIETJIE – Jannie du Toit met Chanie Jonker (klavier)

Sop en sjerrie ingesluit

Kaartjies en meer inligting beskikbaar by ATKV-tak Reitz:
Margha 079 436 2894 | Sellie 076 761 0999

  • Saterdagoggend, 6 Junie

BETHLEHEM-WES NG Kerk, Kerkstraat 48,  11:00

RAMKIETJIE – Jannie du Toit met Chanie Jonker (klavier)


Sop en broodjies ingesluit

Vir meer inligting en besprekings, kontak Ritjie Nel by 083 765 9323

  • Saterdagaand 6 Junie 17:30 vir 18:00
  • HARRISMITH Primêre Skoolsaal

RAMKIETJIE – Jannie du Toit en Chanie Jonker (klavier)

R900 per tafel vir 10 persone
R50 per laerskoolkind
Bring eie eetgoed, drinkgoed en eetgerei

Bespreek by Artstat: 082 472 7752

17 TOT 21 JUNIE

Jannie maak ‘n Kaapse draai met sy eenmanvertoning OPPIEKITAAR waarin hy net sy kitaar as begeleiding gebruik: hy sing liedjies wat hy  oor die afgelope halfeeu geskryf het. Sy liedjies is gemik op die fynproewer, maar soos ’n Liedjie vir jou van 1978 al bewys het, lê daardie woorde en akkoorde ook gemaklik op die “gewone” oor. Hy het in 2025 met Oppiekitaar ’n maandlange konsertreis  deur die Beneluxlande onderneem en is onder andere in die Suid-Afrikahuis in Amsterdam en by Herman van Veen se Kapschuur-teater met vol sale en staande ovasies begroet.

  • Woensdag 17 Junie Oppiekitaar in Fauresmith by die Karoohuis-teater
  • Vrydag 19 Junie Oppiekitaar in Stellenbosch tydens die Drostdyteater se Winterfees
  • Saterdag 20Junie Oppiekitaar in Loxton by Annelise Vorster-Meyer se ateljee My Karoo-art
  • Sondag 21 Junie – Hannover

Dinsdag 23 Junie
10:00
Lux Mundi – by Oostvallei Aftree-oord.

Jannie met Oppiekitaar – gaskunstenaar: Susan Mouton

Sondag, 28 Junie 2026 om 15:00: Ramkietjie

Pierneefteater

Ramkietjie is Jannie se vlagskipproduksie vir 2026. Dit is ’n eerbetoon aan wat – volgens hom – Afrikaans se grootste stuk kulturele erfgoed is, naamlik die FAK Sangbundel. Susan Mouton (tjello) en Chanie Jonker (klavier en akkordeon) deel die verhoog met hom en die produksie is gebaseer op sy album van 2025 – Op my ou Ramkietjie – wat in oorleg met die FAK deurVONK-Musiek uitgereik is. Daar is liedjies uit verskillende FAK Sangbundels sedert die eerste een in die dertigerjare. Die mooiste komposisies  van liedjieskrywers en komponiste oor die afgelope eeu, maar ook tradisionele liedjies, roer die hartsnare. As medewerker aan die Kleinkuns-rubriek in die jongste bundel, beskou JannieRamkietjie as ’n besondere geleentheid om die liedjie-erfenis lewendig te hou – veral by ’n jonger geslag.

Vir besprekings Whatsapp Jopie Koen by 072 460 5568 of epos beide jopie@pierneefteater.co.za en jannie@agterplaas.co.za

JULIE 2026

Dinsdag 7 Julie

15:00
Pretoria-Oos Aftree-oord
Jannie met Oppiekitaar

AUGUSTUS 2026

Vrydag 7 Augustus

NG Primrose

19:00
Oppiekitaar

Jannie

Sondag 9 Augustus

@Mariandl, Doringkloof, Centurion

Oppiekitaar

Jannie sing vir Vrouedag
Bespreek by: 082 338 4819

Donderdag 27 Augustus
Saam in Lof-byeenkoms
ATKV-oord, Goudini
Jannie en Chanie Jonker (klavier) Rina Schutte (tjello)

SEPTEMBER 2026

Donderdag 10 September

Pretoria

Optrede saam met Singfonix-koor ten bate van die NCPD

Donderdag 24 – Sondag 27 September
Clarens: Liggiefees/Festival of Light

Meer inligting later

NOVEMBER 2026

Sondag 8 November

15:00
Pierneefteater

In Kersfeestyd

Jannie, Susan Mouton (tjello) en Chanie Jonker (klavier)
Bespreek by:
info@pierneefteater.co.za of Whatsapp 072 460 5568

Vrydag 27 November

Heidelberg – Doep is nie dood nie

Jannie, Susan Mouton (tjello) en Chanie Jonker (klavier)


Saterdag 28 November

Huis Eikelaan, Potchefstroom
Middag

Doep is nie dood nie

Jannie, Susan Mouton (tjello) en Chanie Jonker (klavier)


Sondag 29 November
9:30
NG Kerk, Coligny
In Kersfeestyd
Jannie, Susan Mouton (tjello) en Chanie Jonker (klavier)

Sondag 29 November 
Aand- Kerssangdiens
NG Kerk Aan-die-Berg (Johannesburg)

JANUARIE 2026

Saterdag 10 Januarie
Jannie tree op by ’n 50ste huweliksherdenking in Pretoria

Vrydag 16 Januarie

Jannie se nuwe enkelsnit, AFDRAAIPAD, wat hy saam met die jong sangeres Daniellé Botes opgeneem het, word amptelik vrygestel op die brekfisprogram DIE GROOT ONTBYT. Dit is die eerste tree van vieringe rondom sy 55 jaar op die verhoog.

Sondag 25 Januarie

15:00

Retire@Midstream
Bespreek: 082 414 9273
Doep is nie dood nie
Jannie, Susan Mouton (tjello) en Chanie Jonker (klavier)

Doep is nie dood nie
Jannie, Susan Mouton (tjello), Chanie Jonker (klavier)

DOEP IS NIE DOOD NIE is ‘n program saamgestel uit Koos du Plessis se onsterflike liedjies asook van sy gedigte en tekste. Dit is ’n herwaardering van sy werk en stel ook van sy minder bekende materiaal bekend. Meer as  40 jaar na sy afsterwe word dit duidelik hoe relevant sy siening van die lewe bly – hoe treffend sy liedkuns. Jannie du Toit, ’n groot vriend van Du Plessis, sit hiermee sy werk voort om Koos se musiek by ’n volgende geslag te laat voortleef.

As dit gedaan is en verby, die aarde weer sy erfdeel kry, sal hierdie kluisenaar in my nog iewers in ’n boekrak bly.” Só het Koos du Plessis geskryf oor sy eie verganklikheid. Hy is nou, meer as wat hy ooit kon voorsien het, teenwoordig in die Afrikaanse musiekbelewenis. Sy werk is deur uiteenlopende kunstenaars – van rockers tot popsangers en a capella-kore, troebadoers en instrumentaliste – ontgin.

Paul Boekkooi (Brooklynteater)
Du Toit besit met sy immer meevoerende stem, sensitiewe vertolking en wydlopende verhoogervaring die sleutels om die tydloosheid van Koos du Plessis te ontsluit

Herman Meulemans (Tinnenpotteater, Gent in Vlaandere)
Jannie heeft een stemtimbre dat zich buitengewoon goed leent voor gevoeligheid en tederheid.. Maar hij kan halsoverkop overschakelen naar een totaal ander register, waar ritme de toon aangeeft.

FEBRUARIE 2026

Vrydag 6 Februarie
18:00

Huis Eikelaan, Potchefstroom

Langenhoven se ruimtedroom

Jannie du Toit en Fearika Heyns mymer en sing oor Loeloeraai, Jannie se musiekblyspel van 1983. Met Zandelle Meyer – vertelling en sang.

Klavier: Marcel Dednam. Fluit: Annelie du Plessis-Hoberg. Regie: Estrellita Krause.
Bespreek: 018 293 0117

Saterdag 7 Februarie
15:00
Foxwoodteater, Johannesburg

Langenhoven se ruimtedroom

Jannie du Toit, Fearika Heyns en Zandelle Meyer.

Klavier: Marcel Dednam. Fluit: Annelie du Plessis-Hoberg. Regie: Estrellita Krause.
Bespreek: 063 580 9945 of info@foxwood.co.za

Sondag 8 Februarie
15:00
Pierneefteater, Pretoria.

Langenhoven se ruimtedroom

Jannie du Toit, Fearika Heyns en Zandelle Meyer..

Klavier: Marcel Dednam. Fluit: Annelie du Plessis-Hoberg. Regie: Estrellita Krause.

Bespreek: info@pierneefteater.co.za of Whatsapp 072 460 5568

Vrydag 13 Februarie
19:00
Kunstegrot, Thabazimbi
Jannie met Oppiekitaar
Bespreek: 083 744 8559

MAART 2026

Saterdag  21 Maart

16:00

Die Oog  – Naboomspruit/Mookgopong

Langenhoven se ruimtedroom

Bespreek by Dawid Oelofse: 076-011-0959

Jannie du Toit en Fearika Heyns mymer en sing oor Loeloeraai, Jannie se musiekblyspel van 1983. Met Zandelle Meyer – vertelling en sang.

Klavier: Marcel Dednam. Fluit: Annelie du Plessis-Hoberg. Regie: Estrellita Krause.

Woensdag 25 Maart
19:00
Pierneefteater
Langenhoven se Ruimtedroom

Jannie du Toit en Fearika Heyns mymer en sing oor Loeloeraai, die musiekblyspel van 1983.

As aktrise en sangeres  Zandelle Meyer van “My f*k Marelise”  en  verdere TV en silwerdoek–faam

Alle musiek en liriek deur Jannie.

Klavier: Marcel Dednam. Fluit: Annelie du Plessis-Hoberg. Regie: Estrellita Krause.
Bespreek by: Jopie Koen – 072-460-5568 of info@pierneefteater.co.za


Donderdag 26 Maart

15:00
Huis Ebenhaeser, Kilnerpark, Pretoria
Oppiekitaar
Jannie met sy kitaar

Sondag 29 Maart
14:30
Huiskonsert@Mariandl
Jannie met Oppiekitaar
Bespreek: 082 338 4819


APRIL 2026
Sondag 12 April
15:00
NG Oberholzer
Die eggo van jou oë
Jannie, Susan Mouton (tjello)

Jannie du Toit beplan sy Kunstefees in die Kleine in samewerking met Pretoria FM en VONK  MUSIEK vanaf Vrydag 17 tot Sondag 19 April 2026 by die Centurionteater in Pretoria. Hy vier sy 55 jaar op die professionele verhoog met vyf produksies wat nog nie op TV te siene was nie. Gedurende die fees sal die produksies deur VONK  MUSIEK opgeneem word met die oog op uitsending.

Vrydag, 17 April 2026 om 19:30: Margaretastraat

Die fees open Vrydagaand met Jannie se terugblik op die “liedjie-aande” van 1981 en 1982 by sy huis te Margaretastraat 28 in Pretoria. Jannie herleef saam met  sy gereelde pianis van die afgelope dekade, Chanie Jonker, daardie legendariese episode in sy musiekloopbaan. Hy vertel die verhaal, sing liedjies wat in baie gevalle vir die eerste keer daar gehoor is en vertel staaltjies oor gereelde deelnemers soos Koos Doep, Anneli van Rooyen, Lucas Maree en Coenie de Villiers. ’n Paar spesiale gaste – wat destyds aan die liedjie-aande deelgeneem het – maak ook ‘n draai op die verhoog, singend en vertellend! Die unieke wisselwerking tussen liedjieskrywers, sangers en die gehoor in Margaretastraat se sitkamer  word allerweë beskou as ’n belangrike stukrag in die ontwikkeling van ligte Afrikaanse musiek gedurende die “Musiek en Liriek-Beweging”.

Saterdag, 18 April 2026 om 11:00: Ramkietjie

Saterdagoggend begin met Ramkietjie, Jannie se vlagskipproduksie vir 2026. Dit is ’n eerbetoon aan wat – volgens hom – Afrikaans se grootste stuk kulturele erfgoed is, naamlik die FAK Sangbundel. Susan Mouton (tjello) en Chanie Jonker (klavier en akkordeon) deel die verhoog met hom en die produksie is gebaseer op sy album van 2025 – Op my ou Ramkietjie – wat in oorleg met die FAK deur VONK-Musiek uitgereik is. Daar is liedjies uit verskillende FAK Sangbundels sedert die eerste een in die dertigerjare. Die mooiste komposisies  van liedjieskrywers en komponiste oor die afgelope eeu, maar ook tradisionele liedjies, roer die hartsnare. As medewerker aan die Kleinkuns-rubriek in die jongste bundel, beskou Jannie Ramkietjie as ’n besondere geleentheid om die liedjie-erfenis lewendig te hou – veral by ’n jonger geslag.

Saterdag 18 April 2026 om 15:00: De Wals van de Liefde

De Wals van de Liefde is ’n  program van Jannie se gunsteling Nederlandstalige liedjies en dra die titel van ’n geliefde lied van Toon Hermans. Die program bou voort op sy lang verbintenis met musiek soos dié van Jacques Brel, Jules de Corte, Herman van Veen en Robert Long. Die egpaar Marcel en Deryn Dednam op klavier en alt-saxofoon sluit by Jannie  aan en sing ook lieflike harmonieë saam met hom. Kelly-Lee Ohlson skryf in Die Burger van 5 April 2025: De Wals van de Liefde is ’n lieflike musiekteatervertoning wat die gehoor van die begin tot die einde betower het”.  Die program is ook in 2025 by Aardklop genomineer in die kategorie “Beste musiekgedrewe produksie”.

Saterdag, 18 April 2026 om 19:30: Luister na die Liedjies – die wye spektrum van sy musiek

Saterdag se program word afgesluit wanneer Jannie ’n keur van die wyd uiteenlopende liedjies sing waarmee hy deur die jare aanklank by gehore gevind het.  Hy word begelei deur sy vertroude ensemble – Susan Mouton (tjello), Annelie du Plessis-Hoberg (fluit)  en Chanie Jonker (klavier). Die SingFonix  mans-ensemble sluit by hom aan vir sy befaamde koorwerk Gee ons vrede en Daniellé Botes, saam met wie hy onlangs ’n enkelsnit vrygestel het, sing Afdraaipad saam met hom. Dié liedjie het hy in 1993 saam met Christa Steyn geskryf en het nog altyd vir hom ’n groot gunsteling gebly.  Ansa Fourie, Jannie se eertydse eggenoot, kom uit Australië om as regisseur vir Luister na die liedjies op te tree. Die eerste produksie wat hulle saam aangepak het – in 1981 – was onder dieselfde titel.

Sondag, 19 April 2026 om 15:00:Oppiekitaar

Jannie sluit sy fees die Sondagmiddag af met net sy kitaar as begeleiding en hy sing liedjies wat hy  oor die afgelope halfeeu geskryf het. Sy liedjies is van die begin af gekenmerk deur keurige tekste, vindingryke akkoordgebruik en, nou meer as ooit tevore, deur sy bedrewenheid op die kitaar. Sy liedjies is gemik op die fynproewer, maar soos ’n Liedjie vir jou van 1978 al bewys het, lê daardie woorde en akkoorde ook gemaklik op die “gewone” oor. Hy het in 2025 met Oppiekitaar ’n uiters suksesvolle konsertreis  deur die Beneluxlande onderneem en is onder andere in die Suid-Afrikahuis in Amsterdam en by Herman van Veen se Kapschuur-teater met vol sale en staande ovasies begroet.

Die Kunstefees in die Kleine beloof ’n ryk, uiteenlopende ervaring vir almal wat van hartsmusiek hou.

Besprekings kan teen R210,00 per persoon vir een vertoning via Quicket gedoen word deur hierdie skakel te volg: Bespreek jou kaartjie!

Bespreek vir meer as een van die vertonings en kry ‘n GROOT afslag (sien hieronder). Stuur daarvoor ’n WhatsApp aan die Centurionteater by 063 376 4982.


Kaartjiepryse:

·        1 vertoning: R210 per kaartjie

·        2 vertonings: R190 per kaartjie per vertoning

·        3 vertonings: R170 per kaartjie per vertoning

·        4 vertonings: R150 per kaartjie per vertoning

·        Of kom beleef die hele fees vir R550, dit is R110 per vertoning!

——————————————————————————–