Vir die reël van optredes of vir navrae, kontak Jopie Koen by 072 460 5568 of epos beide jopie@pierneefteater.co.za en jannie@agterplaas.co.za
Jannie se planne vir 2026
Jannie se debuut op ‘n professionele verhoog was gedurende die April-vakansie van 1971. Ons beplan om sy 55 jaar op die verhoog te vier deur – soos gewoonlik – baie verhoogproduksies aan te bied. Die afgelope jaar was een van die besigstes van sy loopbaan – waarskynlik die heel besigste.
==============================================
JANUARIE 2026
Saterdag 10 Januarie
Jannie tree op by ’n 50ste huweliksherdenking in Pretoria
Vrydag 16 Januarie
Jannie se nuwe enkelsnit, AFDRAAIPAD, wat hy saam met die jong sangeres Daniellé Botes opgeneem het, word amptelik vrygestel op die brekfisprogram DIE GROOT ONTBYT. Dit is die eerste tree van vieringe rondom sy 55 jaar op die verhoog.
Sondag 25 Januarie
15:00
Retire@Midstream
Bespreek: 082 414 9273
Doep is nie dood nie
Jannie, Susan Mouton (tjello) en Chanie Jonker (klavier)
Doep is nie dood nie
Jannie, Susan Mouton (tjello), Chanie Jonker (klavier)
DOEP IS NIE DOOD NIE is ‘n program saamgestel uit Koos du Plessis se onsterflike liedjies asook van sy gedigte en tekste. Dit is ’n herwaardering van sy werk en stel ook van sy minder bekende materiaal bekend. Meer as 40 jaar na sy afsterwe word dit duidelik hoe relevant sy siening van die lewe bly – hoe treffend sy liedkuns. Jannie du Toit, ’n groot vriend van Du Plessis, sit hiermee sy werk voort om Koos se musiek by ’n volgende geslag te laat voortleef.
“As dit gedaan is en verby, die aarde weer sy erfdeel kry, sal hierdie kluisenaar in my nog iewers in ’n boekrak bly.” Só het Koos du Plessis geskryf oor sy eie verganklikheid. Hy is nou, meer as wat hy ooit kon voorsien het, teenwoordig in die Afrikaanse musiekbelewenis. Sy werk is deur uiteenlopende kunstenaars – van rockers tot popsangers en a capella-kore, troebadoers en instrumentaliste – ontgin.
Paul Boekkooi (Brooklynteater)
Du Toit besit met sy immer meevoerende stem, sensitiewe vertolking en wydlopende verhoogervaring die sleutels om die tydloosheid van Koos du Plessis te ontsluit
Herman Meulemans (Tinnenpotteater, Gent in Vlaandere)
Jannie heeft een stemtimbre dat zich buitengewoon goed leent voor gevoeligheid en tederheid.. Maar hij kan halsoverkop overschakelen naar een totaal ander register, waar ritme de toon aangeeft.
FEBRUARIE 2026
Vrydag 6 Februarie
18:00
Huis Eikelaan, Potchefstroom
Langenhoven se ruimtedroom
Jannie du Toit en Fearika Heyns mymer en sing oor Loeloeraai, Jannie se musiekblyspel van 1983. Met Zandelle Meyer – vertelling en sang.
Klavier: Marcel Dednam. Fluit: Annelie du Plessis-Hoberg. Regie: Estrellita Krause.
Bespreek: 018 293 0117
Saterdag 7 Februarie
15:00
Foxwoodteater, Johannesburg
Langenhoven se ruimtedroom
Jannie du Toit, Fearika Heyns en Zandelle Meyer.
Klavier: Marcel Dednam. Fluit: Annelie du Plessis-Hoberg. Regie: Estrellita Krause.
Bespreek: 063 580 9945 of info@foxwood.co.za
Sondag 8 Februarie
15:00
Pierneefteater, Pretoria.
Langenhoven se ruimtedroom
Jannie du Toit, Fearika Heyns en Zandelle Meyer..
Klavier: Marcel Dednam. Fluit: Annelie du Plessis-Hoberg. Regie: Estrellita Krause.
Bespreek: info@pierneefteater.co.za of Whatsapp 072 460 5568
Vrydag 13 Februarie
19:00
Kunstegrot, Thabazimbi
Jannie met Oppiekitaar
Bespreek: 083 744 8559
MAART 2026
Saterdag 21 Maart
16:00
Die Oog – Naboomspruit/Mookgopong
Langenhoven se ruimtedroom
Bespreek by Dawid Oelofse: 076-011-0959
Jannie du Toit en Fearika Heyns mymer en sing oor Loeloeraai, Jannie se musiekblyspel van 1983. Met Zandelle Meyer – vertelling en sang.
Klavier: Marcel Dednam. Fluit: Annelie du Plessis-Hoberg. Regie: Estrellita Krause.
Woensdag 25 Maart
19:00
Pierneefteater
Langenhoven se Ruimtedroom
Jannie du Toit en Fearika Heyns mymer en sing oor Loeloeraai, die musiekblyspel van 1983.
As aktrise en sangeres Zandelle Meyer van “My f*k Marelise” en verdere TV en silwerdoek–faam
Alle musiek en liriek deur Jannie.
Klavier: Marcel Dednam. Fluit: Annelie du Plessis-Hoberg. Regie: Estrellita Krause.
Bespreek by: Jopie Koen – 072-460-5568 of info@pierneefteater.co.za
Donderdag 26 Maart
15:00
Huis Ebenhaeser, Kilnerpark, Pretoria
Oppiekitaar
Jannie met sy kitaar
Sondag 29 Maart
14:30
Huiskonsert@Mariandl
Jannie met Oppiekitaar
Bespreek: 082 338 4819
APRIL 2026
Sondag 12 April
15:00
NG Oberholzer
Die eggo van jou oë
Jannie, Susan Mouton (tjello)
Jannie du Toit beplan sy Kunstefees in die Kleine in samewerking met Pretoria FM en VONK MUSIEK vanaf Vrydag 17 tot Sondag 19 April 2026 by die Centurionteater in Pretoria. Hy vier sy 55 jaar op die professionele verhoog met vyf produksies wat nog nie op TV te siene was nie. Gedurende die fees sal die produksies deur VONK MUSIEK opgeneem word met die oog op uitsending. Elkeen van die vyf programme fokus op ’n besondere aspek van Jannie se kunstenaarskap gedurende sy loopbaan.
Vrydag, 17 April 2026 om 19:30: Margaretastraat – sy rol in die ontwikkeling van Afrikaanse musiek
Die fees open Vrydagaand met Jannie se terugblik op die “liedjie-aande” van 1981 en 1982 by sy huis te Margaretastraat 28 in Pretoria. Jannie herleef saam met sy gereelde pianis van die afgelope dekade, Chanie Jonker, daardie legendariese episode in sy musiekloopbaan. Hy vertel die verhaal, sing liedjies wat in baie gevalle vir die eerste keer daar gehoor is en vertel staaltjies oor gereelde deelnemers soos Koos Doep, Anneli van Rooyen, Lucas Maree en Coenie de Villiers. ’n Paar spesiale gaste – wat destyds aan die liedjie-aande deelgeneem het – maak ook ‘n draai op die verhoog, singend en vertellend! Die unieke wisselwerking tussen liedjieskrywers, sangers en die gehoor in Margaretastraat se sitkamer word allerweë beskou as ’n belangrike stukrag in die ontwikkeling van ligte Afrikaanse musiek gedurende die “Musiek en Liriek-Beweging”.
Saterdag, 18 April 2026 om 11:00: Ramkietjie – sy verbondenheid aan Afrikaans as sangtaal
Saterdagoggend begin met Ramkietjie, Jannie se vlagskipproduksie vir 2026. Dit is ’n eerbetoon aan wat – volgens hom – Afrikaans se grootste stuk kulturele erfgoed is, naamlik die FAK Sangbundel. Susan Mouton (tjello) en Chanie Jonker (klavier en akkordeon) deel die verhoog met hom en die produksie is gebaseer op sy album van 2025 – Op my ou Ramkietjie – wat in oorleg met die FAK deur VONK-Musiek uitgereik is. Daar is liedjies uit verskillende FAK Sangbundels sedert die eerste een in die dertigerjare. Die mooiste komposisies van liedjieskrywers en komponiste oor die afgelope eeu, maar ook tradisionele liedjies, roer die hartsnare. As medewerker aan die Kleinkuns-rubriek in die jongste bundel, beskou Jannie Ramkietjie as ’n besondere geleentheid om die liedjie-erfenis lewendig te hou – veral by ’n jonger geslag.
Saterdag 18 April 2026 om 15:00: De Wals van de Liefde – sy voorliefde vir Nederlandstalige kleinkuns
De Wals van de Liefde is ’n program van Jannie se gunsteling Nederlandstalige liedjies en dra die titel van ’n geliefde lied van Toon Hermans. Die program bou voort op sy lang verbintenis met musiek soos dié van Jacques Brel, Jules de Corte, Herman van Veen en Robert Long. Die egpaar Marcel en Deryn Dednam op klavier en alt-saxofoon sluit by Jannie aan en sing ook lieflike harmonieë saam met hom. Kelly-Lee Ohlson skryf in Die Burger van 5 April 2025: De Wals van de Liefde is ’n lieflike musiekteatervertoning wat die gehoor van die begin tot die einde betower het”. Die program is ook in 2025 by Aardklop genomineer in die kategorie “Beste musiekgedrewe produksie”.
Saterdag, 18 April 2026 om 19:30: Luister na die Liedjies – die wye spektrum van sy musiek
Saterdag se program word afgesluit wanneer Jannie ’n keur van die wyd uiteenlopende liedjies sing waarmee hy deur die jare aanklank by gehore gevind het. Hy word begelei deur sy vertroude ensemble – Susan Mouton (tjello), Annelie du Plessis-Hoberg (fluit) en Chanie Jonker (klavier). Die SingFonix mans-ensemble sluit by hom aan vir sy befaamde koorwerk Gee ons vrede en Daniellé Botes, saam met wie hy onlangs ’n enkelsnit vrygestel het, sing Afdraaipad saam met hom. Dié liedjie het hy in 1993 saam met Christa Steyn geskryf en het nog altyd vir hom ’n groot gunsteling gebly. Ansa Fourie, Jannie se eertydse eggenoot, kom uit Australië om as regisseur vir Luister na die liedjies op te tree. Die eerste produksie wat hulle saam aangepak het – in 1981 – was onder dieselfde titel.
Sondag, 19 April 2026 om 15:00: Oppiekitaar – sy oeuvre van liedkuns en sy kitaarspel
Jannie sluit sy fees die Sondagmiddag af met net sy kitaar as begeleiding en hy sing liedjies wat hy oor die afgelope halfeeu geskryf het. Sy liedjies is van die begin af gekenmerk deur keurige tekste, vindingryke akkoordgebruik en, nou meer as ooit tevore, deur sy bedrewenheid op die kitaar. Sy liedjies is gemik op die fynproewer, maar soos ’n Liedjie vir jou van 1978 al bewys het, lê daardie woorde en akkoorde ook gemaklik op die “gewone” oor. Hy het in 2025 met Oppiekitaar ’n uiters suksesvolle konsertreis deur die Beneluxlande onderneem en is onder andere in die Suid-Afrikahuis in Amsterdam en by Herman van Veen se Kapschuur-teater met vol sale en staande ovasies begroet.
Die Kunstefees in die Kleine beloof ’n ryk, uiteenlopende ervaring vir almal wat van hartsmusiek hou.
Besprekings kan teen R210,00 per persoon vir een vertoning via Quicket gedoen word deur hierdie skakel te volg: Bespreek jou kaartjie!
Bespreek vir meer as een van die vertonings en kry ‘n GROOT afslag (sien hieronder). Stuur daarvoor ’n WhatsApp aan die Centurionteater by 063 376 4982.
Kaartjiepryse:
· 1 vertoning: R210 per kaartjie
· 2 vertonings: R190 per kaartjie per vertoning
· 3 vertonings: R170 per kaartjie per vertoning
· 4 vertonings: R150 per kaartjie per vertoning
· Of kom beleef die hele fees vir R550, dit is R110 per vertoning!
MEI 2026
Woensdag 13 Mei
10:00
Ter viering van die bekende pianis, Rosa Anderson Loots, se 80ste verjaardag sing Jannie en die sopraan Antoinette Olivier by Rooihuiskraal NG Kerk. Die program van poësie en musiek word aangebied onder die titel TWEEKUNS, soos wat Rosa dit al meermale vroeër gedoen het.
Vir meer inligting stuur ‘n Whatsapp aan Rosa by 082-786-2115
JUNIE 2026
Woensdag 10 Junie
Jannie en Vriende
NG Pellissier, Bloemfontein
Ten bate van die NCPD (National Council of and for Persons with Disabilities)
Dinsdag 23 Junie
10:00
Lux Mundi
Jannie met Oppiekitaar
JULIE 2026
Dinsdag 7 Julie
15:00
Pretoria-Oos Aftree-oord
Jannie met Oppiekitaar
AUGUSTUS 2026
Donderdag 27 Augustus
Saam in Lof-byeenkoms
ATKV-oord, Goudini
Jannie en Chanie Jonker (klavier)
SEPTEMBER 2026
Donderdag 10 September
Nuwe Hoopskool, Pretoria
Optrede saam met Singfonix Mans-ensemble ten bate van die NCPD
Donderdag 24 – Sondag 27 September
Clarens: Liggiefees/Festival of Light
Meer inligting later
NOVEMBER 2026
Sondag 8 November
15h00
Pierneefteater, Pretoria
In Kersfeestyd
Jannie, Susan Mouton (tjello) en Chanie Jonker (klavier)
Saterdag 28 November
Potchefstroom
Huis Eikelaan
Doep is nie dood nie
Sondag 29 November
9:30
NG Kerk, Coligny
In Kersfeestyd
Jannie, Susan Mouton (tjello) en Chanie Jonker (klavier)
Sondag 29 November
Aanddiens
NG Kerk, Aan-die-berg (Johannesburg)
In Kersfeestyd
Jannie, Susan Mouton (tjello) en Chanie Jonker (klavier)
DESEMBER
——————————————————————————–
