Jannie se planne vir 2026
Jannie se debuut op ‘n professionele verhoog was gedurende die April-vakansie van 1971. Ons beplan om sy 55 jaar op die verhoog te vier deur – soos gewoonlik – baie verhoogproduksies aan te bied. Die afgelope jaar – 2025 – was waarskynlik die heel besigste van sy loopbaan.
NB: Inligting oor vanjaar se optredes wat reeds agter die rug is, verskyn heel onderaan hierdie lys.
Vir die reël van optredes of vir navrae, kontak Jopie Koen by 072 460 5568 of epos beide jopie@pierneefteater.co.za en jannie@agterplaas.co.za
==============================================
JUNIE 2026
Woensdag 3 Junie
18:00
NGK Pellissier, Bloemfontein
Jannie en Vriende Ten bate van die Jean Webberhuis – ‘n fasiliteit van die APD Vrystaat (Vereniging vir Persone met Gestremdhede) wat graag hande vat met die publiek om goeie lewenskwaliteit vir die inwoners te verseker.
Met die vriendelike samqerking van Anton Esterhuyse, Ella Kotze, Riaan Naudé, Martinette Spoelstra, Chanie Jonker en Eduplus Seniorkoor
NG Pellissier, Bloemfontein. Dit is ten bate van die NCPD (National Council of and for Persons with Disabilities)
Bespreek by: Tixsa of stuur ‘n epos aan gertjan@ncpd.org.za
Die eerste kort toer van Jannie se vlagskip-produksie vir 2026/2027 – RAMKIETJIE.
Met Chanie Jonker (klavier)
Dié produksie het op 18 April 2026 tydens Jannie se Kunstefees in die Kleine by die Centurionteater gedebuteer en is ‘n kniebuiging vir die FAK Sangbundel wat nou al byna ‘n eeu lank daarvoor sorg dat ons ryk geskakeerde Afrikaanse musiekerfenis behoue bly. In samewerking met die ATKV en danksy steun van die Fynbos-Trust word daar beplan om die produksie oor die volgende aantal maande landswyd aan te bied.
- Donderdag, 4 Junie
SENEKAL ROLBALSAAL, Bellstraat , 18:00
RAMKIETJIE – Jannie du Toit met Chanie Jonker (klavier)
Sop en broodjies ingesluit
Vir meer inligting en besprekings, kontak Gert Keulder by 082 891 0419
- Vrydag, 5 Junie
REITZ NG Kerksaal 17:30 vir 18:00
RAMKIETJIE – Jannie du Toit met Chanie Jonker (klavier)
Sop en sjerrie ingesluit
Kaartjies en meer inligting beskikbaar by ATKV-tak Reitz:
Margha 079 436 2894 | Sellie 076 761 0999
- Saterdagoggend, 6 Junie
BETHLEHEM-WES NG Kerk, Kerkstraat 48, 11:00
RAMKIETJIE – Jannie du Toit met Chanie Jonker (klavier)
Sop en broodjies ingesluit
Vir meer inligting en besprekings, kontak Ritjie Nel by 083 765 9323
- Saterdagaand 6 Junie 17:30 vir 18:00
- HARRISMITH Primêre Skoolsaal
RAMKIETJIE – Jannie du Toit en Chanie Jonker (klavier)
R900 per tafel vir 10 persone
R50 per laerskoolkind
Bring eie eetgoed, drinkgoed en eetgerei
Bespreek by Artstat: 082 472 7752
17 TOT 21 JUNIE
Jannie maak ‘n Kaapse draai met sy eenmanvertoning OPPIEKITAAR waarin hy net sy kitaar as begeleiding gebruik: hy sing liedjies wat hy oor die afgelope halfeeu geskryf het. Sy liedjies is gemik op die fynproewer, maar soos ’n Liedjie vir jou van 1978 al bewys het, lê daardie woorde en akkoorde ook gemaklik op die “gewone” oor. Hy het in 2025 met Oppiekitaar ’n maandlange konsertreis deur die Beneluxlande onderneem en is onder andere in die Suid-Afrikahuis in Amsterdam en by Herman van Veen se Kapschuur-teater met vol sale en staande ovasies begroet.
- Woensdag 17 Junie 18:30
Karoohuisteater, Fauresmith
OPPIEKITAAR
Bespreek by Lizzy – 071-603-7258
- Vrydag 19 Junie Drostdyteater Stellenbosch,
tydens die teater se “Winterfest”
OPPIEKITAAR
Ete 17:00 Optrede 19:00
Bespreek by https://www.drostdyteater.co.za/whats-on
- Saterdag 20 Junie 18:00
Loxton,
Die Windpomp, by
Annelise Vorster-Meyer se ateljee – My Karoo-art
Kontak haar by atkvtaklox@gmail.com
of WA 072-982-4353
OPPIEKITAAR
Sondag 21 Junie
Hanover
‘n Vadersdag-oggend met Henry Jackson
By die Hanover Gemeenskapkerk in die NGK Hanover.
Jannie as gaskunstenaar – OPPIEKITAAR
Sop en broodjies word bedien.
Kontak Micelle Vimpany vir meer inligting
WA 072-127-0700
michelle.vimpany@bravospace.co.za
09h30
Dinsdag 23 Junie 10:00
Lux Mundi – by Oostvallei Aftree-oord
Pretoria
OPPIEKITAAR
Gaskunstenaar: Susan Mouton
Sondag 28 Junie 15:00
Pierneefteater
RAMKIETJIE
Met Susan Mouton en Chanie Jonker
Ramkietjie is Jannie se vlagskipproduksie vir 2026. Dit is ’n eerbetoon aan wat – volgens hom – Afrikaans se grootste stuk kulturele erfgoed is, naamlik die FAK Sangbundel. Susan Mouton (tjello) en Chanie Jonker (klavier en akkordeon) deel die verhoog met hom en die produksie is gebaseer op sy album van 2025 – Op my ou Ramkietjie – wat in oorleg met die FAK deurVONK-Musiek uitgereik is. Daar is liedjies uit verskillende FAK Sangbundels sedert die eerste een in die dertigerjare. Die mooiste komposisies van liedjieskrywers en komponiste oor die afgelope eeu, maar ook tradisionele liedjies, roer die hartsnare. As medewerker aan die Kleinkuns-rubriek in die jongste bundel, beskou JannieRamkietjie as ’n besondere geleentheid om die liedjie-erfenis lewendig te hou – veral by ’n jonger geslag.
Vir besprekings Whatsapp Jopie Koen by 072 460 5568 of epos beide
jopie@pierneefteater.co.za
JULIE 2026
Dinsdag 7 Julie 15:00
Pretoria-Oos Aftree-oord
OPPIEKITAAR
Sondag 26 Julie 14:00
Tarentaalteater, Rustenburg
Anita Pieterse 082 782 3019
OPPIEKITAAR
AUGUSTUS 2026
Sondag 2 Augustus 9:00
NG Horison-Noord
Jannie en Chanie tree op as deel van die erediens
Vrydag 7 Augustus
NG Primrose, Germiston
19:00
OPPIEKITAAR
Sondag 9 Augustus 15h00
Huiskonsert @Mariandl, Doringkloof, Centurion
Jannie sing vir Vrouedag
Bespreek by: 082 338 4819
Vrydag 21 Augustus 17:30 vir 18:00
Koster Gekombineerde Skool (Noordstraat, Koster)
RAMKIETJIE
Met Chanie Jonker (klavier)
Dié produksie het op 18 April 2026 tydens Jannie se Kunstefees in die Kleine by die Centurionteater gedebuteer en is ‘n kniebuiging in die rigting van die FAK Sangbundel wat nou al byna ‘n eeu lank daarvoor sorg dat ons ryk geskakeerde Afrikaanse musiekerfenis behoue bly. In samewerking met die ATKV en danksy steun van die Fynbos-Trust word daar beplan om die produksie oor die volgende aantal maande landswyd aan te bied.
Ons is geëerd om as gaste van die ATKV-JEUGTAK KWINKELEER tydens die afsluiting van die heel éérste KOSTER KULTUURWEEK op te tree. Hoe mooi is dit dat die Jeugtak vernoem is na die manier waarop voëltjies sing: “kwinkeleer” is ‘n woord wat sowel Boerneef as Philip de Vos in gedigte gebruik het om die manier te beskryf waarop voëltjies sing. Ons hoop dat ons jongmense kan inspireer om in ons eie taal te “kwinkeleer” – om trots met ons taal en musiek om te gaan.
Ons sien uit na die optrede en ook lekker kos en kuier saam met die mense van Koster!
Hierdie funksie sluit ’n heerlike aandete na afloop van die optrede in.
Vir meer inligting en besprekings kontak gerus vir Phia-ri Olivier by:
073-019-9149
Donderdag 27 Augustus
Goudini – Rawsonville
Saam in Lof-byeenkoms met predikante van die NG Kerk
Jannie en Chanie Jonker (klavier) Rina Schutte (tjello)
Saam met Coenie de Villiers en Frieda van den Heever
SEPTEMBER 2026
Donderdag 10 September
NG Monumentpark
Noot vir Nood – ‘n Gigs for Good-aanbieding ten bate van die
Nasionale Raad van en vir Persone met Gestremdhede
Jannie en die Sigfonix-koor o.l.v.+ Riekie van Aswegen
Eraneé de Beer (klavier)
Donderdag 24 tot Sondag 27 September
Clarens Festival of Light – Jannie tree op as hoofkunstenaar en bied ook ‘n liedjieskryf-werkswinkel aan.
Meer inligting volg
OKTOBER 2026
Saterdag 3 Oktober
Polokwane
VERTOEF BY DIE MEER – verblyf en venue
Langenhoven se ruimtedroom
Jannie du Toit, Fearika Heyns en Zandelle Meyer mymer en sing oor Loeloeraai, Jannie se musiekblyspel van 1983. Die jong aktrise en sangeres, Zandelle, tree as verteller op.
Klavier: Chanie Jonker. Fluit: Annelie du Plessis-Hoberg. Regie: Estrellita Krause.
Sondag 4 Oktober
Polokwane
Langenhoven se ruimtedroom
Saterdagoggend 10 Oktober
Optrede by NGK Capitalpark,
Pretoria
Marie Claassen
RAMKIETJIETOER – 20 tot 31 Oktober
Reëlings word op die oomblik getref vir ‘n toer deur die Karoo, dele van die Noordkaap en die Weskaap.
Tydens hierdie toer word ‘n Ramkietjie Gala-aand (dit beteken nie “swem” nie) op Dinsdag 27 Oktober in die Paarl gereël asook ‘n JANNIE EN VRIENDE- aanbieding op Woensdag 28 Oktober ten bate van die NCPD in die Drostdyteater op Stellenbosch.
Volledige inligting word so vinnig moontlik beskikbaar gestel. Die pianis saam met Jannie op dié toer is ‘n ou vriend – die ervare, bekende en uiters bekwame Johan Heystek.
NOVEMBER 2026
Sondag 8 November 15:00
Pierneefteater
In Kersfeestyd met Jannie, Susan, Chanie
Besprekings by Jopie Koen:
info@pierneefteater.co.za of Whatsapp 072-460-5568
Sondag 15 November 18:00
NG Drie Riviere In Kersfeestyd
Vrydag 27 November
Heidelberg
Doep is nie dood nie
met Kersliedere Jannie, Susan, Chanie
Vir verdere inligting
Pastoor Willem Venter 083 235 7714 kwepers@gmail.com
Saterdag 28 November 15:00
Potchefstroom – Huis Eikelaan
Doep is nie dood nie
Jannie, Susan, Chanie
Inligting per Whatsapp by Lang Piet Terblanche by 082-905-7894
Sondag 29 November 9:30
NG Coligny
In Kersfeestyd Jannie, Susan en Chanie
Sondagaand 29 November 18:00
Aan Die Berg NG Gemeente,
Nothcliff, Johannesburg
In Kersfeestyd Jannie, Susan en Chanie
Met die Aan-die-Berg koor onder leiding van Christo Erasmus
DESEMBER 2026
Desembertoer vanaf Vrydag 4 Desember tot Kersdag (in Rhodes)
met RAMKIETJIE en ‘n paar Kersaanbiedinge
Jannie, Johan Heystek (klavier en akkordeon) en Rina Schutte (tjello)
Vir die reël van optredes of vir navrae, kontak Jopie Koen by 072 460 5568 of epos beide jopie@pierneefteater.co.za en jannie@agterplaas.co.za
OPTREDES VROEëR VANJAAR
————————————————————————————————————-
JANUARIE 2026
Saterdag 10 Januarie
Jannie tree op by ’n 50ste huweliksherdenking in Pretoria
Vrydag 16 Januarie
Jannie se nuwe enkelsnit, AFDRAAIPAD, wat hy saam met die jong sangeres Daniellé Botes opgeneem het, word amptelik vrygestel op die brekfisprogram DIE GROOT ONTBYT. Dit is die eerste tree van vieringe rondom sy 55 jaar op die verhoog.
Sondag 25 Januarie
15:00
Retire@Midstream
Bespreek: 082 414 9273
Doep is nie dood nie
Jannie, Susan Mouton (tjello) en Chanie Jonker (klavier)
Doep is nie dood nie
Jannie, Susan Mouton (tjello), Chanie Jonker (klavier)
DOEP IS NIE DOOD NIE is ‘n program saamgestel uit Koos du Plessis se onsterflike liedjies asook van sy gedigte en tekste. Dit is ’n herwaardering van sy werk en stel ook van sy minder bekende materiaal bekend. Meer as 40 jaar na sy afsterwe word dit duidelik hoe relevant sy siening van die lewe bly – hoe treffend sy liedkuns. Jannie du Toit, ’n groot vriend van Du Plessis, sit hiermee sy werk voort om Koos se musiek by ’n volgende geslag te laat voortleef.
“As dit gedaan is en verby, die aarde weer sy erfdeel kry, sal hierdie kluisenaar in my nog iewers in ’n boekrak bly.” Só het Koos du Plessis geskryf oor sy eie verganklikheid. Hy is nou, meer as wat hy ooit kon voorsien het, teenwoordig in die Afrikaanse musiekbelewenis. Sy werk is deur uiteenlopende kunstenaars – van rockers tot popsangers en a capella-kore, troebadoers en instrumentaliste – ontgin.
Paul Boekkooi (Brooklynteater)
Du Toit besit met sy immer meevoerende stem, sensitiewe vertolking en wydlopende verhoogervaring die sleutels om die tydloosheid van Koos du Plessis te ontsluit
Herman Meulemans (Tinnenpotteater, Gent in Vlaandere)
Jannie heeft een stemtimbre dat zich buitengewoon goed leent voor gevoeligheid en tederheid.. Maar hij kan halsoverkop overschakelen naar een totaal ander register, waar ritme de toon aangeeft.
FEBRUARIE 2026
Vrydag 6 Februarie
18:00
Huis Eikelaan, Potchefstroom
Langenhoven se ruimtedroom
Jannie du Toit en Fearika Heyns mymer en sing oor Loeloeraai, Jannie se musiekblyspel van 1983. Met Zandelle Meyer – vertelling en sang.
Klavier: Marcel Dednam. Fluit: Annelie du Plessis-Hoberg. Regie: Estrellita Krause.
Bespreek: 018 293 0117
Saterdag 7 Februarie
15:00
Foxwoodteater, Johannesburg
Langenhoven se ruimtedroom
Jannie du Toit, Fearika Heyns en Zandelle Meyer.
Klavier: Marcel Dednam. Fluit: Annelie du Plessis-Hoberg. Regie: Estrellita Krause.
Bespreek: 063 580 9945 of info@foxwood.co.za
Sondag 8 Februarie
15:00
Pierneefteater, Pretoria.
Langenhoven se ruimtedroom
Jannie du Toit, Fearika Heyns en Zandelle Meyer..
Klavier: Marcel Dednam. Fluit: Annelie du Plessis-Hoberg. Regie: Estrellita Krause.
Bespreek: info@pierneefteater.co.za of Whatsapp 072 460 5568
Vrydag 13 Februarie
19:00
Kunstegrot, Thabazimbi
Jannie met Oppiekitaar
Bespreek: 083 744 8559
MAART 2026
Saterdag 21 Maart
16:00
Die Oog – Naboomspruit/Mookgopong
Langenhoven se ruimtedroom
Bespreek by Dawid Oelofse: 076-011-0959
Jannie du Toit en Fearika Heyns mymer en sing oor Loeloeraai, Jannie se musiekblyspel van 1983. Met Zandelle Meyer – vertelling en sang.
Klavier: Marcel Dednam. Fluit: Annelie du Plessis-Hoberg. Regie: Estrellita Krause.
Woensdag 25 Maart
19:00
Pierneefteater
Langenhoven se Ruimtedroom
Jannie du Toit en Fearika Heyns mymer en sing oor Loeloeraai, die musiekblyspel van 1983.
As aktrise en sangeres Zandelle Meyer van “My f*k Marelise”en verdere TV en silwerdoek–faam
Alle musiek en liriek deur Jannie.
Klavier: Marcel Dednam. Fluit: Annelie du Plessis-Hoberg. Regie: Estrellita Krause.
Bespreek by: Jopie Koen – 072-460-5568 of info@pierneefteater.co.za
Donderdag 26 Maart
15:00
Huis Ebenhaeser, Kilnerpark, Pretoria
Oppiekitaar
Jannie met sy kitaar
Sondag 29 Maart
14:30
Huiskonsert@Mariandl
Jannie met Oppiekitaar
Bespreek: 082 338 4819
APRIL 2026
Sondag 12 April
15:00
NG Oberholzer
Die eggo van jou oë
Jannie, Susan Mouton (tjello)
Jannie du Toit beplan sy Kunstefees in die Kleine in samewerking met Pretoria FM en VONK MUSIEK vanaf Vrydag 17 tot Sondag 19 April 2026 by die Centurionteater in Pretoria. Hy vier sy 55 jaar op die professionele verhoog met vyf produksies wat nog nie op TV te siene was nie. Gedurende die fees sal die produksies deur VONK MUSIEK opgeneem word met die oog op uitsending.
Vrydag, 17 April 2026 om 19:30: Margaretastraat
Die fees open Vrydagaand met Jannie se terugblik op die “liedjie-aande” van 1981 en 1982 by sy huis te Margaretastraat 28 in Pretoria. Jannie herleef saam met sy gereelde pianis van die afgelope dekade, Chanie Jonker, daardie legendariese episode in sy musiekloopbaan. Hy vertel die verhaal, sing liedjies wat in baie gevalle vir die eerste keer daar gehoor is en vertel staaltjies oor gereelde deelnemers soos Koos Doep, Anneli van Rooyen, Lucas Maree en Coenie de Villiers. ’n Paar spesiale gaste – wat destyds aan die liedjie-aande deelgeneem het – maak ook ‘n draai op die verhoog, singend en vertellend! Die unieke wisselwerking tussen liedjieskrywers, sangers en die gehoor in Margaretastraat se sitkamer word allerweë beskou as ’n belangrike stukrag in die ontwikkeling van ligte Afrikaanse musiek gedurende die “Musiek en Liriek-Beweging”.
Saterdag, 18 April 2026 om 11:00: Ramkietjie
Saterdagoggend begin met Ramkietjie, Jannie se vlagskipproduksie vir 2026. Dit is ’n eerbetoon aan wat – volgens hom – Afrikaans se grootste stuk kulturele erfgoed is, naamlik die FAK Sangbundel. Susan Mouton (tjello) en Chanie Jonker (klavier en akkordeon) deel die verhoog met hom en die produksie is gebaseer op sy album van 2025 – Op my ou Ramkietjie – wat in oorleg met die FAK deur VONK-Musiek uitgereik is. Daar is liedjies uit verskillende FAK Sangbundels sedert die eerste een in die dertigerjare. Die mooiste komposisies van liedjieskrywers en komponiste oor die afgelope eeu, maar ook tradisionele liedjies, roer die hartsnare. As medewerker aan die Kleinkuns-rubriek in die jongste bundel, beskou Jannie Ramkietjie as ’n besondere geleentheid om die liedjie-erfenis lewendig te hou – veral by ’n jonger geslag.
Saterdag 18 April 2026 om 15:00: De Wals van de Liefde
De Wals van de Liefde is ’n program van Jannie se gunsteling Nederlandstalige liedjies en dra die titel van ’n geliefde lied van Toon Hermans. Die program bou voort op sy lang verbintenis met musiek soos dié van Jacques Brel, Jules de Corte, Herman van Veen en Robert Long. Die egpaar Marcel en Deryn Dednam op klavier en alt-saxofoon sluit by Jannie aan en sing ook lieflike harmonieë saam met hom. Kelly-Lee Ohlson skryf in Die Burger van 5 April 2025: De Wals van de Liefde is ’n lieflike musiekteatervertoning wat die gehoor van die begin tot die einde betower het”. Die program is ook in 2025 by Aardklop genomineer in die kategorie “Beste musiekgedrewe produksie”.
Saterdag, 18 April 2026 om 19:30: Luister na die Liedjies – die wye spektrum van sy musiek
Saterdag se program word afgesluit wanneer Jannie ’n keur van die wyd uiteenlopende liedjies sing waarmee hy deur die jare aanklank by gehore gevind het. Hy word begelei deur sy vertroude ensemble – Susan Mouton (tjello), Annelie du Plessis-Hoberg (fluit) en Chanie Jonker (klavier). Die SingFonix mans-ensemble sluit by hom aan vir sy befaamde koorwerk Gee ons vrede en Daniellé Botes, saam met wie hy onlangs ’n enkelsnit vrygestel het, sing Afdraaipad saam met hom. Dié liedjie het hy in 1993 saam met Christa Steyn geskryf en het nog altyd vir hom ’n groot gunsteling gebly. Ansa Fourie, Jannie se eertydse eggenoot, kom uit Australië om as regisseur vir Luister na die liedjies op te tree. Die eerste produksie wat hulle saam aangepak het – in 1981 – was onder dieselfde titel.
Sondag, 19 April 2026 om 15:00:Oppiekitaar
Jannie sluit sy fees die Sondagmiddag af met net sy kitaar as begeleiding en hy sing liedjies wat hy oor die afgelope halfeeu geskryf het. Sy liedjies is van die begin af gekenmerk deur keurige tekste, vindingryke akkoordgebruik en, nou meer as ooit tevore, deur sy bedrewenheid op die kitaar. Sy liedjies is gemik op die fynproewer, maar soos ’n Liedjie vir jou van 1978 al bewys het, lê daardie woorde en akkoorde ook gemaklik op die “gewone” oor. Hy het in 2025 met Oppiekitaar ’n uiters suksesvolle konsertreis deur die Beneluxlande onderneem en is onder andere in die Suid-Afrikahuis in Amsterdam en by Herman van Veen se Kapschuur-teater met vol sale en staande ovasies begroet.
Die Kunstefees in die Kleine beloof ’n ryk, uiteenlopende ervaring vir almal wat van hartsmusiek hou.
Besprekings kan teen R210,00 per persoon vir een vertoning via Quicket gedoen word deur hierdie skakel te volg: Bespreek jou kaartjie!
Bespreek vir meer as een van die vertonings en kry ‘n GROOT afslag (sien hieronder). Stuur daarvoor ’n WhatsApp aan die Centurionteater by 063 376 4982.
Kaartjiepryse:
· 1 vertoning: R210 per kaartjie
· 2 vertonings: R190 per kaartjie per vertoning
· 3 vertonings: R170 per kaartjie per vertoning
· 4 vertonings: R150 per kaartjie per vertoning
· Of kom beleef die hele fees vir R550, dit is R110 per vertoning!
——————————————————————————–
MEI 2026
Woensdag 13 Mei
10:00
Ter viering van die bekende pianis, Rosa Anderson Loots, se 80ste verjaardag sing Jannie en die sopraan Antoinette Olivier by Rooihuiskraal NG Kerk. Die program van poësie en musiek word aangebied onder die titel TWEEKUNS, soos wat Rosa dit al meermale vantevore gedoen het.
Vir meer inligting stuur ‘n Whatsapp aan Rosa by 082-786-2115
Saterdag 16 Mei
17:30
Die Pienk Kerk (Melville)
Bonjour Monsieur Brel
Jannie, Susan Mouton (tjello) en Chanie Jonker (klavier)
Bespreek by: Quicket of stuur ‘n epos aan
Sondag 17 Mei 15:00
Pierneefteater
Jannie en Vriende.
Jannie en sy musiekvriende span saam vir ’n goeie doel: Legacy, Gisela de Villiers, Esté Gross, Fearika Heyns, Chanie Jonker, Annelie du Plessis-Hoberg en Gertjan Holtzhausen.
Hierdie optrede vorm deel van die Gigs for Good-konserte ten bate van die NCPD (National Council of and for Persons with Disabilities). Die inkomste word geoormerk vir die aankoop van rolstoele vir Persone met Gestremdhede in Pretoria.
Toegang: R210 / R180 pensioenarisse
Bespreek by:
info@pierneefteater.co.za of Whatsapp 072 460 5568
MEI 2026
Sondag 31 Mei 11:00
NG Kroonstad-Oos
Jannie en Chanie – DIE EGGO VAN JOU Oë
Bespreek per Whatsapp-teks by Irma – 082-926-5144
——————————————————————————–
