Jannie du Toit se optredes

Jannie se planne vir 2026

Jannie se debuut op ‘n professionele verhoog was gedurende die April-vakansie van 1971 – dit was tydens Fanus Rautenbach se FLINKVERIAFEES by Bronkhorstbaai, wat die tienjarige viering van sy beroemde ontbytprogram FLINK UIT DIE VERE WAS . Ons beplan om sy 55 jaar op die verhoog te vier deur – soos gewoonlik – baie verhoogproduksies aan te bied. Die huidige jaar jaar – 2025/’26 – is waarskynlik die heel besigste van sy hele loopbaan.

Vir die reël van optredes of vir navrae, kontak Jopie Koen by 072 460 5568 of epos beide jopie@pierneefteater.co.za en jannie@agterplaas.co.za

NB: Inligting oor vanjaar se optredes in die maande wat reeds agter die rug is, verskyn heel onderaan hierdie lys.

==============================================

OKTOBER 2026

RAMKIETJIETOER – 21 Okt. tot 1 Nov 2026,

Ramkietjie is Jannie se vlagskipproduksie vir 2026. Dit is ’n eerbetoon aan wat – volgens hom – Afrikaans se belangrikste stuk kulturele erfgoed is, naamlik die FAK Sangbundel. Die produksie is gebaseer op sy album van 2025 – Op my ou Ramkietjie – wat in oorleg met die FAK deur VONK-Musiek uitgereik is. Daar is liedjies uit verskillende FAK Sangbundels sedert die eerste een in die dertigerjare. Die mooiste komposisies  van liedjieskrywers en komponiste oor die afgelope eeu, maar ook tradisionele liedjies, roer die hartsnare. Saam met Jannie op dié toer is ‘n ou vriend – die ervare, bekende en uiters bekwame pianis, Johan Heystek.

  • Woensdag 21 Oktober: Kimberley – Ramkietjie: The Kimberley Club Guesthouse, Ten bate van Sally Aucamp-tehuis vir gestremdes
  • 18:30, R250 p.p. (Sluit ligte verversings in. Kontantkroeg beskikbaar.). Kaartjies te koop by die Kimberley Club, Stacey 072 981 5818, Letticia 083 337 5230 en Sally Aucamp Tehuis
  • Donderdag 22 Oktober: Jacobsdal – Ramkietjie: NG Kerk Jacobsdal by die Seënskuur, 18:00 vir 18:30, Hekfooi: R50 – Bring jou piekniekkombers en eetgoed, Donasies ten bate van Huisherfsakker Ouetehuis sal opgeneem word. Besprekings en navrae: Hannelie 083 310 5744 of Anica 072 528 2365
  • Vrydag 23 Oktober: Douglas – Ramkietjie: AP Kerksaal, 19:00, R120 per volwassene en R50 per kind onder 12 jaar (ligte ete ingesluit), Besprekings en Navrae: Ronel Du Preez 082 339 2628
  • Saterdag 24 Oktober: Victoria-Wes – Ramkietjie: Apollo-teater, 18:00 vir 18:30, R150 per volwassene en R80 per kind, bespreek by Christi-Ann (073 932 0001)
  • Sondag 25 Oktober: Worcester – Ramkietjie: Musieksentrum by die Pionierskool (Porterstr. 11, Worcester), 15:00, R100 p.p. (Sluit ’n glasie wyn en ’n ligte verversing in.), Besprekings en Navrae: Quinten 078 035 1065
  • Dinsdag 27 Oktober: Paarl Ramkietjie- Gala-aand: Dinsdag 27 Oktober – ‘n gala-aand saam met die ATKV vir ons Kaapse vriende en weldoeners in die RELEVANT ART-ateljee, 125 Hoofweg, Vrykyk, Paarl 7646
  • Vir hierdie optrede is die hoog aangeskrewe tjellis, Graham du Plessis – ‘n ou vriend van Jannie – deel van die ensemble. Bywoning slegs op uitnodiging.
  • Woensdag 28 Oktober: Stellenbosch – Jannie en Vriende: Die inkomste word geoormerk vir ekonomiese bemagtiging van Persone met Gestremdhede.Drostdy-teater, 19:00, R220 per kaartjie, bespreek by Webtickets
  • Ten bate van die Nasionale Raad van en vir Persone met Gestremdhede (NCPD)
  • Met Frieda van den Heever, Legacy en andere
  • Donderdag 29 Oktober: Beaufort-Wes – Ramkietjie: Niko Brummer Primêre Skool (Skoolsaal), 17:30 vir 18:00, Kaartjies: R150 per volwassene; Kinders (2 tot 13) R75 elk (ligte versnaperings ingesluit),  Kaartjies is beskikbaar by die skoolkantoor of skakel 023-414-2507 of 079-076-4101
  • Vrydag 30 Oktober: Hopetown – Ramkietjie: NG Kerk Hopetown se Kerksaal, 12:00, Kaartjies: R200 p.p. (sluit ’n ligte middagete in), Besprekings en Navrae: Carina 083 451 3956 of Susan  076 931 6284
  • Saterdag 31 Oktober: Jan Kempdorp (Andalusia) – Ramkietjie:
  • NG Kerksaal Jan Kempdorp, 18:30 vir 19:00, R100 per volwassene / Skoliere: R50 / Voorskool: Gratis (Ligte etes en iets te drink te koop tydens interval.). Kaartjies te koop by: Hannelie 066 232 7731 | Johann (NFD) 076 235 9950 | Rita 060 961 9095 | Lientjie 082 940 4455 | Tiaan 064 031 7736 (Harts Boekhandel)

NOVEMBER 2026

Sondag 8 November 15:00

Pierneefteater 

In Kersfeestyd met  Jannie, Susan, Chanie

Besprekings by Jopie Koen:

info@pierneefteater.co.za of Whatsapp 072-460-5568

Saterdag 14 November 17h00

Die Pienk Kerk (Melville)

Doep is nie dood nie
Jannie, Susan Mouton (tjello) en Chanie Jonker (klavier)

Bespreek by: Quicket

DOEP IS NIE DOOD NIE is ‘n program saamgestel uit Koos du Plessis se onsterflike liedjies asook van sy gedigte en tekste. Dit is ’n herwaardering van sy werk en stel ook van sy minder bekende materiaal bekend. Meer as  40 jaar na sy afsterwe word dit duidelik hoe relevant sy siening van die lewe bly – hoe treffend sy liedkuns. Jannie du Toit, ’n groot vriend van Du Plessis, sit hiermee sy werk voort om Koos se musiek by ’n volgende geslag te laat voortleef.

“As dit gedaan is en verby, die aarde weer sy erfdeel kry, sal hierdie kluisenaar in my nog iewers in ’n boekrak bly.” Só het Koos du Plessis geskryf oor sy eie verganklikheid. Hy is nou, meer as wat hy ooit kon voorsien het, teenwoordig in die Afrikaanse musiekbelewenis. Sy werk is deur uiteenlopende kunstenaars – van rockers tot popsangers en a capella-kore, troebadoers en instrumentaliste – ontgin.

Paul Boekkooi (Brooklynteater)
Du Toit besit met sy immer meevoerende stem, sensitiewe vertolking en wydlopende verhoogervaring die sleutels om die tydloosheid van Koos du Plessis te ontsluit

Herman Meulemans (Tinnenpotteater, Gent in Vlaandere)
Jannie heeft een stemtimbre dat zich buitengewoon goed leent voor gevoeligheid en tederheid.. Maar hij kan halsoverkop overschakelen naar een totaal ander register, waar ritme de toon aangeeft.

Sondag 15 November  09:00 (oggenddiens)
NG Primrose Môrewag In Kersfeestyd

Sondag 15 November  18:00
NG Drie Riviere
In Kersfeestyd (Aanddiens)

Sondag 22 November (Aand)

In Kersfeestyd – Harrismith: gesamentlike Kerssangdiens vir al die gemeentes

Vrydag 27 November 

Heidelberg

Doep is nie dood nie  

met  Kersliedere Jannie, Susan, Chanie

Vir verdere inligting
Pastoor Willem Venter  083 235 7714  kwepers@gmail.com

Saterdag 28 November  15:00

Potchefstroom – Huis Eikelaan 
Doep is nie dood nie

Jannie, Susan, Chanie

Inligting per Whatsapp by Lang Piet Terblanche by 082-905-7894

Sondagoggend 29 November  9:30

Kerssangdiens by die NGK Coligny

In Kersfeestyd   Jannie, Susan en Chanie

Sondagaand 29 November  18:00

Aan Die Berg NG Gemeente,

Northcliff, Johannesburg

In Kersfeestyd           Jannie, Chanie Jonker (klavier), Rina Schutte (tjello)

Met die  Aan-die-Berg koor onder leiding van Christo Erasmus

DESEMBER 2026

Desembertoer vanaf Vrydag 4 tot Maandag 21 Desember

met RAMKIETJIE en ‘n paar Kersaanbiedinge

Jannie, Johan Heystek (klavier en akkordeon) en Rina Schutte (tjello)

Vrydagaand 4 Desember

Villiers

RAMKIETJIE

Saterdag 5 Desember  

Clarens

19h00 Huiskonsert – Jannie, Rina en Janco Scholtz 

Bespreek by Madeleine Scholtz – 082-562-9795

Sondag 6 Desember

Senekal 9h30

Optrede tydens oggenddiens

 Sondag 6 Desember

Bloemfontein, Naval Hill Planetarium.

17h00

RAMKIETJIE

Maandag 7 Desember

Merweville – Whatsapp Marian 083-659-4684

18h30 vir 19h00


Dinsdagaand 8 Desember

Die Boer, Durbanville

RAMKIETJIE

Woensdagaand 9 Desember

RAMKIETJIE

Franschhoek Teater

Donderdag 10 Desember

Stanford Teater 

RAMKIETJIE

Vrydagaand 11 Desember

Kleinmond – Guelph-teater

RAMKIETJIE

Saterdag 12 Desember

Jannie tree by ‘n vriend – Chris Lerm – se verjaarsdag in Pretoria op en in die Paarl bevestig Johan ‘n paartjie die middag in die huwelik. Rina kry kans om na haar asem te snak☺

Sondag 13 Desember 

Oggend: Vredehoek, Durbanville – deelname aan ‘n erediens

Sondag 13 Desember 

Paarl – By die Taalmonument

RAMKIETJIE

‘n Hoogtepunt van Jannie se viering van 55 jaar op die professionele verhoog.

Maandag 14 Desember

RAMKIETJIE

Gonnemanskraal op die Weskus

Whatsapp Elna Schoeman by

Dinsdag 15 Desember

Drama Factory, Somerset-Wes

RAMKIETJIE

Woensdag 16 Desember

Stilbaai 

RAMKIETJIE

Donderdagaand 17 Desember

NG Hartenbos – in samewerking met die ATKV

RAMKIETJIE

Vrydag 18 Desember

Oesterbaai – in samewerking met  Walter Kurten

RAMKIETJIE

Saterdag 19 Desember

Optrede in die omgewing van Plettenbergbaai, Sedgefield, Knysna

RAMKIETJIE

Sondagoggend 20 Desember

Deelname aan ‘n oggenddiens in George

Sondagmiddag 20 Desember

Montagu

RAMKIETJIE

Maandag 21 Desember

Moontlike optrede – of ons ry terug huistoe

Vir die reël van optredes of vir navrae, kontak Jopie Koen by 072 460 5568 of epos beide jopie@pierneefteater.co.za en jannie@agterplaas.co.za

Bespreek by Anita Pieterse  082 782 3019

OPTREDES VROEëR VANJAAR

————————————————————————————————————-

JANUARIE 2026

Saterdag 10 Januarie
Jannie tree op by ’n 50ste huweliksherdenking in Pretoria

Vrydag 16 Januarie

Jannie se nuwe enkelsnit, AFDRAAIPAD, wat hy saam met die jong sangeres Daniellé Botes opgeneem het, word amptelik vrygestel op die brekfisprogram DIE GROOT ONTBYT. Dit is die eerste tree van vieringe rondom sy 55 jaar op die verhoog.

Sondag 25 Januarie

15:00

Retire@Midstream
Bespreek: 082 414 9273
Doep is nie dood nie
Jannie, Susan Mouton (tjello) en Chanie Jonker (klavier)

Doep is nie dood nie
Jannie, Susan Mouton (tjello), Chanie Jonker (klavier)

DOEP IS NIE DOOD NIE is ‘n program saamgestel uit Koos du Plessis se onsterflike liedjies asook van sy gedigte en tekste. Dit is ’n herwaardering van sy werk en stel ook van sy minder bekende materiaal bekend. Meer as  40 jaar na sy afsterwe word dit duidelik hoe relevant sy siening van die lewe bly – hoe treffend sy liedkuns. Jannie du Toit, ’n groot vriend van Du Plessis, sit hiermee sy werk voort om Koos se musiek by ’n volgende geslag te laat voortleef.

“As dit gedaan is en verby, die aarde weer sy erfdeel kry, sal hierdie kluisenaar in my nog iewers in ’n boekrak bly.” Só het Koos du Plessis geskryf oor sy eie verganklikheid. Hy is nou, meer as wat hy ooit kon voorsien het, teenwoordig in die Afrikaanse musiekbelewenis. Sy werk is deur uiteenlopende kunstenaars – van rockers tot popsangers en a capella-kore, troebadoers en instrumentaliste – ontgin.

Paul Boekkooi (Brooklynteater)
Du Toit besit met sy immer meevoerende stem, sensitiewe vertolking en wydlopende verhoogervaring die sleutels om die tydloosheid van Koos du Plessis te ontsluit

Herman Meulemans (Tinnenpotteater, Gent in Vlaandere)
Jannie heeft een stemtimbre dat zich buitengewoon goed leent voor gevoeligheid en tederheid.. Maar hij kan halsoverkop overschakelen naar een totaal ander register, waar ritme de toon aangeeft.

FEBRUARIE 2026

Vrydag 6 Februarie
18:00

Huis Eikelaan, Potchefstroom

Langenhoven se ruimtedroom

Jannie du Toit en Fearika Heyns mymer en sing oor Loeloeraai, Jannie se musiekblyspel van 1983. Met Zandelle Meyer – vertelling en sang.

Klavier: Marcel Dednam. Fluit: Annelie du Plessis-Hoberg. Regie: Estrellita Krause.
Bespreek: 018 293 0117

Saterdag 7 Februarie
15:00
Foxwoodteater, Johannesburg

Langenhoven se ruimtedroom

Jannie du Toit, Fearika Heyns en Zandelle Meyer.

Klavier: Marcel Dednam. Fluit: Annelie du Plessis-Hoberg. Regie: Estrellita Krause.
Bespreek: 063 580 9945 of info@foxwood.co.za

Sondag 8 Februarie
15:00
Pierneefteater, Pretoria.

Langenhoven se ruimtedroom

Jannie du Toit, Fearika Heyns en Zandelle Meyer..

Klavier: Marcel Dednam. Fluit: Annelie du Plessis-Hoberg. Regie: Estrellita Krause.

Bespreek: info@pierneefteater.co.za of Whatsapp 072 460 5568

Vrydag 13 Februarie
19:00
Kunstegrot, Thabazimbi
Jannie met Oppiekitaar
Bespreek: 083 744 8559

MAART 2026

Saterdag  21 Maart

16:00

Die Oog  – Naboomspruit/Mookgopong

Langenhoven se ruimtedroom

Bespreek by Dawid Oelofse: 076-011-0959

Jannie du Toit en Fearika Heyns mymer en sing oor Loeloeraai, Jannie se musiekblyspel van 1983. Met Zandelle Meyer – vertelling en sang.

Klavier: Marcel Dednam. Fluit: Annelie du Plessis-Hoberg. Regie: Estrellita Krause.

Woensdag 25 Maart
19:00
Pierneefteater
Langenhoven se Ruimtedroom

Jannie du Toit en Fearika Heyns mymer en sing oor Loeloeraai, die musiekblyspel van 1983.

As aktrise en sangeres  Zandelle Meyer van “My f*k Marelise”en  verdere TV en silwerdoek–faam

Alle musiek en liriek deur Jannie.

Klavier: Marcel Dednam. Fluit: Annelie du Plessis-Hoberg. Regie: Estrellita Krause.
Bespreek by: Jopie Koen – 072-460-5568 of info@pierneefteater.co.za


Donderdag 26 Maart

15:00
Huis Ebenhaeser, Kilnerpark, Pretoria
Oppiekitaar
Jannie met sy kitaar

APRIL 2026
Sondag 12 April
15:00
NG Oberholzer
Die eggo van jou oë
Jannie, Susan Mouton (tjello)

Jannie du Toit beplan sy Kunstefees in die Kleine in samewerking met Pretoria FM en VONK  MUSIEK vanaf Vrydag 17 tot Sondag 19 April 2026 by die Centurionteater in Pretoria. Hy vier sy 55 jaar op die professionele verhoog met vyf produksies wat nog nie op TV te siene was nie. Gedurende die fees sal die produksies deur VONK  MUSIEK opgeneem word met die oog op uitsending.

Vrydag, 17 April 2026 om 19:30: Margaretastraat

Die fees open Vrydagaand met Jannie se terugblik op die “liedjie-aande” van 1981 en 1982 by sy huis te Margaretastraat 28 in Pretoria. Jannie herleef saam met  sy gereelde pianis van die afgelope dekade, Chanie Jonker, daardie legendariese episode in sy musiekloopbaan. Hy vertel die verhaal, sing liedjies wat in baie gevalle vir die eerste keer daar gehoor is en vertel staaltjies oor gereelde deelnemers soos Koos Doep, Anneli van Rooyen, Lucas Maree en Coenie de Villiers. ’n Paar spesiale gaste – wat destyds aan die liedjie-aande deelgeneem het – maak ook ‘n draai op die verhoog, singend en vertellend! Die unieke wisselwerking tussen liedjieskrywers, sangers en die gehoor in Margaretastraat se sitkamer  word allerweë beskou as ’n belangrike stukrag in die ontwikkeling van ligte Afrikaanse musiek gedurende die “Musiek en Liriek-Beweging”.

Saterdag, 18 April 2026 om 11:00: Ramkietjie

Saterdagoggend begin met Ramkietjie, Jannie se vlagskipproduksie vir 2026. Dit is ’n eerbetoon aan wat – volgens hom – Afrikaans se grootste stuk kulturele erfgoed is, naamlik die FAK Sangbundel. Susan Mouton (tjello) en Chanie Jonker (klavier en akkordeon) deel die verhoog met hom en die produksie is gebaseer op sy album van 2025 – Op my ou Ramkietjie – wat in oorleg met die FAK deur VONK-Musiek uitgereik is. Daar is liedjies uit verskillende FAK Sangbundels sedert die eerste een in die dertigerjare. Die mooiste komposisies  van liedjieskrywers en komponiste oor die afgelope eeu, maar ook tradisionele liedjies, roer die hartsnare. As medewerker aan die Kleinkuns-rubriek in die jongste bundel (2012), beskou Jannie Ramkietjie as ’n besondere geleentheid om die liedjie-erfenis lewendig te hou – veral by ’n jonger geslag.

Saterdag 18 April 2026 om 15:00: De Wals van de Liefde

De Wals van de Liefde is ’n  program van Jannie se gunsteling Nederlandstalige liedjies en dra die titel van ’n geliefde lied van Toon Hermans. Die program bou voort op sy lang verbintenis met musiek soos dié van Jacques Brel, Jules de Corte, Herman van Veen en Robert Long. Die egpaar Marcel en Deryn Dednam op klavier en alt-saxofoon sluit by Jannie  aan en sing ook lieflike harmonieë saam met hom. Kelly-Lee Ohlson skryf in Die Burger van 5 April 2025: De Wals van de Liefde is ’n lieflike musiekteatervertoning wat die gehoor van die begin tot die einde betower het”.  Die program is ook in 2025 by Aardklop genomineer in die kategorie “Beste musiekgedrewe produksie”.

Saterdag, 18 April 2026 om 19:30: Luister na die Liedjies – die wye spektrum van sy musiek

Saterdag se program word afgesluit wanneer Jannie ’n keur van die wyd uiteenlopende liedjies sing waarmee hy deur die jare aanklank by gehore gevind het.  Hy word begelei deur sy vertroude ensemble – Susan Mouton (tjello), Annelie du Plessis-Hoberg (fluit)  en Chanie Jonker (klavier). Die SingFonix  mans-ensemble sluit by hom aan vir sy befaamde koorwerk Gee ons vrede en Daniellé Botes, saam met wie hy onlangs ’n enkelsnit vrygestel het, sing Afdraaipad saam met hom. Dié liedjie het hy in 1993 saam met Christa Steyn geskryf en het nog altyd vir hom ’n groot gunsteling gebly.  Ansa Fourie, Jannie se eertydse eggenoot, kom uit Australië om as regisseur vir Luister na die liedjies op te tree. Die eerste produksie wat hulle saam aangepak het – in 1981 – was onder dieselfde titel.

Sondag, 19 April 2026 om 15:00:Oppiekitaar

Jannie sluit sy fees die Sondagmiddag af met net sy kitaar as begeleiding en hy sing liedjies wat hy  oor die afgelope halfeeu geskryf het. Sy liedjies is van die begin af gekenmerk deur keurige tekste, vindingryke akkoordgebruik en, nou meer as ooit tevore, deur sy bedrewenheid op die kitaar. Sy liedjies is gemik op die fynproewer, maar soos ’n Liedjie vir jou van 1978 al bewys het, lê daardie woorde en akkoorde ook gemaklik op die “gewone” oor. Hy het in 2025 met Oppiekitaar ’n uiters suksesvolle konsertreis  deur die Beneluxlande onderneem en is onder andere in die Suid-Afrikahuis in Amsterdam en by Herman van Veen se Kapschuur-teater met vol sale en staande ovasies begroet.

Die Kunstefees in die Kleine beloof ’n ryk, uiteenlopende ervaring vir almal wat van hartsmusiek hou.

Besprekings kan teen R210,00 per persoon vir een vertoning via Quicket gedoen word deur hierdie skakel te volg: Bespreek jou kaartjie!

Bespreek vir meer as een van die vertonings en kry ‘n GROOT afslag (sien hieronder). Stuur daarvoor ’n WhatsApp aan die Centurionteater by 063 376 4982.


Kaartjiepryse:

·        1 vertoning: R210 per kaartjie

·        2 vertonings: R190 per kaartjie per vertoning

·        3 vertonings: R170 per kaartjie per vertoning

·        4 vertonings: R150 per kaartjie per vertoning

·        Of kom beleef die hele fees vir R550, dit is R110 per vertoning!

——————————————————————————–

MEI 2026

Woensdag 13 Mei
10:00
Ter viering van die bekende pianis, Rosa Anderson Loots, se 80ste verjaardag sing Jannie en die sopraan Antoinette Olivier by Rooihuiskraal NG Kerk. Die program van poësie en musiek word aangebied onder die titel TWEEKUNS, soos wat Rosa dit al meermale vantevore gedoen het.

Vir meer inligting stuur ‘n Whatsapp aan Rosa by 082-786-2115

Saterdag 16 Mei

17:30

Die Pienk Kerk (Melville)
Bonjour Monsieur Brel
Jannie, Susan Mouton (tjello) en Chanie Jonker (klavier)

Bespreek by: Quicket of stuur ‘n epos aan

Sondag 17 Mei 15:00

Pierneefteater
Jannie en Vriende.

Jannie en sy musiekvriende span saam vir ’n goeie doel: Legacy, Gisela de Villiers, Esté Gross, Fearika Heyns, Chanie Jonker, Annelie du Plessis-Hoberg en Gertjan Holtzhausen.

Hierdie optrede vorm deel van die Gigs for Good-konserte ten bate van die NCPD (National Council of and for Persons with Disabilities). Die inkomste word geoormerk vir die aankoop van rolstoele vir Persone met Gestremdhede in Pretoria.

Toegang: R210 / R180 pensioenarisse

Bespreek by:
info@pierneefteater.co.za of Whatsapp 072 460 5568

MEI 2026

Sondag 31 Mei  11:00

NG Kroonstad-Oos

Jannie en Chanie – DIE EGGO VAN JOU Oë

Bespreek per Whatsapp-teks by Irma – 082-926-5144

JUNIE 2026

Woensdag 3 Junie

18:00

NGK Pellissier, Bloemfontein

Jannie en Vriende Ten bate van die Jean Webberhuis – ‘n fasiliteit  van die APD Vrystaat (Vereniging vir Persone met Gestremdhede) wat graag hande vat met die publiek om goeie lewenskwaliteit vir die inwoners te verseker.
Met die vriendelike samqerking van Anton Esterhuyse, Ella Kotze, Riaan Naudé, Martinette Spoelstra, Chanie Jonker en Eduplus Seniorkoor
NG Pellissier, Bloemfontein. Dit is ten bate van die NCPD (National Council of and for Persons with Disabilities)

Bespreek by: Tixsa of stuur ‘n epos aan gertjan@ncpd.org.za

Die eerste kort toer van Jannie se vlagskip-produksie vir 2026/2027 – RAMKIETJIE.

Met Chanie Jonker (klavier)

Dié produksie het op 18 April 2026 tydens Jannie se Kunstefees in die Kleine by die Centurionteater gedebuteer en is ‘n kniebuiging vir die FAK Sangbundel wat nou al byna ‘n eeu lank daarvoor sorg dat ons ryk geskakeerde Afrikaanse musiekerfenis behoue bly. In samewerking met die ATKV en danksy steun van die Fynbos-Trust word daar beplan om die produksie oor die volgende aantal maande landswyd aan te bied.

  • Donderdag, 4 Junie

SENEKAL ROLBALSAAL, Bellstraat , 18:00

RAMKIETJIE – Jannie du Toit met Chanie Jonker (klavier)

Sop en broodjies ingesluit

Vir meer inligting en besprekings, kontak Gert Keulder by 082 891 0419

  • Vrydag, 5 Junie

REITZ NG Kerksaal 17:30 vir 18:00

RAMKIETJIE – Jannie du Toit met Chanie Jonker (klavier)

Sop en sjerrie ingesluit

Kaartjies en meer inligting beskikbaar by ATKV-tak Reitz:
Margha 079 436 2894 | Sellie 076 761 0999

  • Saterdagoggend, 6 Junie

BETHLEHEM-WES NG Kerk, Kerkstraat 48,  11:00

RAMKIETJIE – Jannie du Toit met Chanie Jonker (klavier)

Sop en broodjies ingesluit

Vir meer inligting en besprekings, kontak Ritjie Nel by 083 765 9323

  • Saterdagaand 6 Junie 17:30 vir 18:00
  • HARRISMITH Primêre Skoolsaal

RAMKIETJIE – Jannie du Toit en Chanie Jonker (klavier)

R900 per tafel vir 10 persone
R50 per laerskoolkind
Bring eie eetgoed, drinkgoed en eetgerei

Bespreek by Artstat: 082 472 7752

17 TOT 21 JUNIE

Jannie maak ‘n Kaapse draai met sy eenmanvertoning OPPIEKITAAR waarin hy net sy kitaar as begeleiding gebruik: hy sing liedjies wat hy  oor die afgelope halfeeu geskryf het. Sy liedjies is gemik op die fynproewer, maar soos ’n Liedjie vir jou van 1978 al bewys het, lê daardie woorde en akkoorde ook gemaklik op die “gewone” oor. Hy het in 2025 met Oppiekitaar ’n maandlange konsertreis  deur die Beneluxlande onderneem en is onder andere in die Suid-Afrikahuis in Amsterdam en by Herman van Veen se Kapschuur-teater met vol sale en staande ovasies begroet.

  • Woensdag 17 Junie  18:30

Karoohuisteater, Fauresmith

OPPIEKITAAR

Bespreek by Lizzy – 071-603-7258

  • Vrydag 19 Junie Drostdyteater Stellenbosch,

tydens die teater se “Winterfest”

OPPIEKITAAR

Ete 17:00 Optrede 19:00

Bespreek by https://www.drostdyteater.co.za/whats-on

  • Saterdag 20 Junie 18:00

Loxton,

Die Windpomp, by

Annelise Vorster-Meyer se ateljee – My Karoo-art

Kontak haar by atkvtaklox@gmail.com

of WA 072-982-4353

OPPIEKITAAR

Sondag 21 Junie

Hanover

‘n Vadersdag-oggend met Henry Jackson

By die Hanover Gemeenskapkerk in die NGK Hanover.

Jannie as gaskunstenaar – OPPIEKITAAR

Sop en broodjies word bedien.

Kontak Micelle Vimpany vir meer inligting

WA 072-127-0700

michelle.vimpany@bravospace.co.za

09h30

Dinsdag 23 Junie  10:00
Lux Mundi – by Oostvallei Aftree-oord

Pretoria

OPPIEKITAAR

Gaskunstenaar: Susan Mouton

Sondag 28 Junie  15:00

Pierneefteater

RAMKIETJIE

Met Susan Mouton en Chanie Jonker

Ramkietjie is Jannie se vlagskipproduksie vir 2026. Dit is ’n eerbetoon aan wat – volgens hom – Afrikaans se grootste stuk kulturele erfgoed is, naamlik die FAK Sangbundel. Susan Mouton (tjello) en Chanie Jonker (klavier en akkordeon) deel die verhoog met hom en die produksie is gebaseer op sy album van 2025 – Op my ou Ramkietjie – wat in oorleg met die FAK deurVONK-Musiek uitgereik is. Daar is liedjies uit verskillende FAK Sangbundels sedert die eerste een in die dertigerjare. Die mooiste komposisies  van liedjieskrywers en komponiste oor die afgelope eeu, maar ook tradisionele liedjies, roer die hartsnare. As medewerker aan die Kleinkuns-rubriek in die jongste bundel, beskou JannieRamkietjie as ’n besondere geleentheid om die liedjie-erfenis lewendig te hou – veral by ’n jonger geslag.

JULIE 2026

Dinsdag 7 Julie  15:00
Pretoria-Oos Aftree-oord 

OPPIEKITAAR

Saterdag 18 Julie 2026 om 17h30

De Wals van de Liefde

DIE PIENK KERK

MELVILLE

24 Chatou Road, Johannesburg

Bespreek by Quicket

De Wals van de Liefde is ’n  program van Jannie se gunsteling Nederlandstalige liedjies en dra die titel van ’n geliefde lied van Toon Hermans. Die program bou voort op sy lang verbintenis met musiek soos dié van Jacques Brel, Jules de Corte, Herman van Veen en Robert Long. Die egpaar Marcel en Deryn Dednam op klavier en alt-saxofoon is saam met Jannie  op die verhoog en sing ook lieflike harmonieë saam met hom. Kelly-Lee Ohlson skryf in Die Burger van 5 April 2025: De Wals van de Liefde is ’n lieflike musiekteatervertoning wat die gehoor van die begin tot die einde betower het”.  Die program is in 2025 by Aardklop genomineer in die kategorie “Beste musiekgedrewe produksie”.

Sondag 19 Julie om 15:00 De Wals van de Liefde

DE MEERPAAL

NEDERLANDSE AFTREE-OORD IN PRETORIA-OOS

GESLOTE OPTREDE VIR INWONERS

Sondag 26 Julie  14:00
Tarentaalteater, Rustenburg

OPPIEKITAAR is ‘n program waarin Jannie net sy kitaar as begeleiding gebruik: hy sing ‘n keur uit die liedjies wat hy  oor die afgelope halfeeu geskryf het. Sy liedjies is gemik op die fynproewer, maar soos ’n Liedjie vir jou van 1978 al bewys het, lê daardie woorde en akkoorde ook gemaklik op die “gewone” oor. Hy het in 2025 met Oppiekitaar ’n maandlange konsertreis  deur die Beneluxlande onderneem en is onder andere in die Suid-Afrikahuis in Amsterdam en by Herman van Veen se Kapschuur-teater met vol sale en staande ovasies begroet.

Kaartjies R150,00

Ete: opsioneel

AUGUSTUS 2026

Sondag 2 Augustus  9:00
NG Horison-Noord 

Jannie en Chanie tree op as deel van die erediens

Vrydag 7 Augustus

NG Primrose, Germiston

19:00
OPPIEKITAAR is ‘n program waarin Jannie net sy kitaar as begeleiding gebruik: hy sing ‘n keur uit die liedjies wat hy  oor die afgelope halfeeu geskryf het. Sy liedjies is gemik op die fynproewer, maar soos ’n Liedjie vir jou van 1978 al bewys het, lê daardie woorde en akkoorde ook gemaklik op die “gewone” oor. Hy het in 2025 met Oppiekitaar ’n maandlange konsertreis  deur die Beneluxlande onderneem en is onder andere in die Suid-Afrikahuis in Amsterdam en by Herman van Veen se Kapschuur-teater met vol sale en staande ovasies begroet.

Sondag 9 Augustus 15h00

Huiskonsert @Mariandl, Doringkloof, Centurion

Jannie sing vir Vrouedag
Bespreek by: 082 338 4819

Die volgende RAMKIETJIE-toer word onderneem met Johan Heystek as pianis

Noordoos-Kaap en Vrystaattoer: 11-16 Augustus

Ramkietjie is Jannie se vlagskipproduksie vir 2026. Dit is ’n eerbetoon aan wat – volgens hom – Afrikaans se grootste stuk kulturele erfgoed is, naamlik die FAK Sangbundel. Die produksie is gebaseer op sy album van 2025 – Op my ou Ramkietjie – wat in oorleg met die FAK deurVONK-Musiek uitgereik is. Daar is liedjies uit verskillende FAK Sangbundels sedert die eerste een in die dertigerjare. Die mooiste komposisies  van liedjieskrywers en komponiste oor die afgelope eeu, maar ook tradisionele liedjies, roer die hartsnare.

Dinsdag 11 Aug. – Smithfield: The Red Barn, Voortrekkerstraat 18:00

Kaartjies is beskikbaar by: Kerkkantoor, Marco Heymans of by die deure.

Woensdag 12 Aug. – Burgersdorp: KREATIEF-teater, La Rochellestraat 38, 19:00

Volg die skakel om kaartjies te koop:  https://pay.yoco.com/kreatief (Verwysing: 12 Aug/Jou Naam)

Donderdag 13 Aug. – Lady Grey: Comfrey Cottage, Stephensonstr. 51-59, 18:30

– Kaartjies is beskikbaar by: Viljean Burger  076 653 8543

Vrydag 14 Aug. – Aliwal-Noord: NG Kerk Aliwal-Noord, Kerksaal Somersetstr. 79, 18:00 vir 18:30

– Kaartjies is beskikbaar by: CMR, Hoërskool Aliwal-Noord en by die deure.

Saterdag 15 Aug. – Vaaldriehoek: Hoërskool Overvaal, Skoolsaal (Reynoldsstr. 7, Vaalkop), 17:30 vir 18:00

– Kaartjies is beskikbaar by: Frik 082 977 1128 of Hanri 063 512 4370

 

Vrydag 21 Augustus 17:30 vir 18:00

Koster Gekombineerde Skool (Noordstraat, Koster)

RAMKIETJIE

Met Chanie Jonker (klavier)

Dié produksie het op 18 April 2026 tydens Jannie se Kunstefees in die Kleine by die Centurionteater gedebuteer en is ‘n kniebuiging in die rigting van die FAK Sangbundel wat nou al byna ‘n eeu lank daarvoor sorg dat ons ryk geskakeerde Afrikaanse musiekerfenis behoue bly. In samewerking met die ATKV en danksy steun van die Fynbos-Trust word daar beplan om die produksie oor die volgende aantal maande landswyd aan te bied.

Ons is geëerd om as gaste van die ATKV-JEUGTAK KWINKELEER tydens die afsluiting van die heel éérste KOSTER KULTUURWEEK op te tree. Hoe mooi is dit dat die Jeugtak vernoem is na die manier waarop voëltjies sing:  “kwinkeleer” is ‘n woord wat sowel Boerneef as Philip de Vos in gedigte gebruik het om die manier te beskryf waarop voëltjies sing. Ons hoop dat ons jongmense kan inspireer om in ons eie taal te “kwinkeleer” – om trots met ons taal en musiek om te gaan.

Ons sien uit na die optrede en ook lekker kos en kuier saam met die mense van Koster! 

Hierdie funksie sluit ’n heerlike aandete na afloop van die optrede in.

Vir meer inligting en besprekings kontak gerus vir Phia-ri Olivier by:  

073-019-9149

 sophiasholivier@gmail.com

Donderdag 27 Augustus

Goudini – Rawsonville
Saam in Lof-byeenkoms NG Kerk – Weskaap


Jannie en Chanie Jonker (klavier) Rina Schutte (tjello)

Saam met Coenie de Villiers, Frieda van den Heever en ander kunstenaars

SEPTEMBER 2026

RAMKIETJIE Natal-toer: 1-6 Sep met Chanie Jonker (klavier)

Ramkietjie is Jannie se vlagskipproduksie vir 2026. Dit is ’n eerbetoon aan wat – volgens hom – Afrikaans se grootste stuk kulturele erfgoed is, naamlik die FAK Sangbundel. Die produksie is gebaseer op sy album van 2025 – Op my ou Ramkietjie – wat in oorleg met die FAK deurVONK-Musiek uitgereik is. Daar is liedjies uit verskillende FAK Sangbundels sedert die eerste een in die dertigerjare. Die mooiste komposisies  van liedjieskrywers en komponiste oor die afgelope eeu, maar ook tradisionele liedjies, roer die hartsnare. As medewerker aan die Kleinkuns-rubriek in die jongste bundel, beskou JannieRamkietjie as ’n besondere geleentheid om die liedjie-erfenis lewendig te hou – veral by ’n jonger geslag.

Dinsdag 1 Sep. – Piet Retief: NG Kerk Piet Retief se Kerksaal (Kerkstraat 19), 19:00

Woensdag 2 Sep. – Vryheid: NG Kerk Vryheid-Suidoos se Kerksaal (Afrikanerstraat 205), 18:00

Donderdag 3 Sep. – Ballito: Besonderhede sal binnekort volg

Vrydag 4 Sep. – Pinetown:

NG Kerk Pinetown se Kerksaal (St. Johnslaan),

11:00 vir 11:30

Toegang: Gratis

(Vir meer inligting skakel die Kerkkantoor by 072 667 9497.)

Saterdag 5 Sep. – Margate: Margate Retirement Village (Noordstraat 1), 15:00

Sondag 6 Sep. – Weenen: NG Gemeente Weenen(Colensostraat), 14:00

 Donderdag 10 September 18H30

NGK Monumentpark

NOOT VIR NOOD KOORFEES

‘n GIGS FOR GOOD aanbieding ten bate van die

Nasionale Raad van en vir Persone met Gestremdhede

Jannie en die Singfonix Mansensemble o.l.v. Riekie van Aswegen

Met Susan Mouton (tjello) en Eraneé de Beer (klavier)

Ondersteun hiermee die werksaamhede van die Nasionale Raad van en vir Persone met Gestremdhede (NCPD). Die organisasie is uiters verdienstelik – hulle sien al 87 jaar lank om na die regte en welstand van gestremdes van alle bevolkingsgroepe in Suid-Afrika sonder enige finansiële hulp van regeringsweë.

‘n Aand van pragtige musiek, wonderlike stemme, stemmetjies, omgee en ‘n besondere doel.

DEELNEMENDE KORE

PRINSHOFKOOR

LAERSKOOL WIERDAPARK SENIORKOOR

LAERSKOOL GARSFONTEIN SENIORKOOR

LAERSKOOL CONSTANTIAPARK JUNIORKOOR

LAERSKOOL CONSTANTIAPARK SENIORKOOR

CLARENS FESTIVAL OF LIGHT –

DONDERDAG 24 TOT VRYDAG 25 SEPTEMBER

Donderdag 24 September

Openingsaanbieding op die dorpsplein – Jannie sing ‘n paar liedjies met Chanie Jonker by die klavier

20h00

Kaartjies is beskikbaar by www.clarensfestivaloflights.co.za

Vrydag 25 September

Bonjour Monsieur Brel – Clarens NG Kerk

20h00

Kaartjies is beskikbaar by www.clarensfestivaloflights.co.za.

Met Susan Mouton (tjello) en Chanie Jonker (klawers)

Saterdag 3 Oktober 16h00

Chrissiesmeer

VERTOEF BY DIE MEER – verblyf en venue

Verversings te koop

Whatsapp Marjorié by 082-809-7962 of Pieter 083-625-5881

Langenhoven se ruimtedroom

Jannie du Toit, Fearika Heyns en Zandelle Meyer mymer en sing oor Loeloeraai, Jannie se musiekblyspel van 1983. Die jong aktrise en sangeres, Zandelle, tree as verteller op.

Klavier: Liesl Henrico. Fluit: Annelie du Plessis-Hoberg.

Regie: Estrellita Krause.



Sondag 4 Oktober 15h00

Polokwane NGK Kremetart

Langenhoven se ruimtedroom

Klavier: Liesl Henrico. Fluit: Annelie du Plessis-Hoberg.

Regie: Estrellita Krause.

Bespreek by Rita: 083-285-4735 of Ria: 068-209-8647

Saterdagoggend 10 Oktober om 10h00

Optrede by NGK Capitalpark,

Pretoria

Marie Claassen

Sondag 11 Oktober 15h00

Kapstadt Brauhaus Centurion

Jannie sing ‘n liedjie as gas van sy vriend Lars Franzsen en sy groep in hulle program DANCE ON WITH CLIFF AND THE SHADOWS

Vir besprekings Whatsapp Jopie Koen by 072 460 5568 of epos beide

jopie@pierneefteater.co.za

——————————————————————————–